Werker van Ethekwini-munisipaliteit doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Grafiese foto in berig nie vir sensitiewe lesers nie.

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n werker (52) verbonde aan Ethekwini se water-en-sanitasiedienste is vanoggend vroeg in Ntanda in Inanda, in ‘n area waar hy vermoedelik bly, binne-in sy ongemerkte werksbakkie gevind.

Reaction Unit South Africa sê die oorledene het twee skietwonde aan sy kop gehad.

‘n Verbyganger het na bewering omstreeks 05:41 die oorledene in die bestuurdersitplek van ‘n dubbelkajuit Totyota Hilux-bakkie wat steeds geluier het, ontdek. Hulp is ontbied.

Volgens ‘n omstander het die voertuig glo sedert Donderdag op dieselfde plek gestaan.

Die motief vir die moord is onbekend.

Foto: Reaction Unit South Africa

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel