KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie, vermoedelik 10 jaar oud, het vroeër vanmiddag ten spyte van pogings om haar van verdrinking by die Isipingo-strandswembad te red, gesterf.
ALS Paramedics het net voor 15:30 ‘n oproep oor ‘n verdrinking ontvang.
Met aankoms het Ethekwini-lewensredders reeds die meisie uit die water gehaal en was besig met KPR op haar. Ten spyte van hulle pogings en paramedici se gevorderde lewensondersteunende intvervensie met resussitasie saam met die lewensredders het sy gesterf.
Die voorval word deur die polisie ondersoek.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



