KWAZULU-NATAL. – ‘n Sekuriteitsbeampte is na bewering Sondagaand omstreeks 22:00 deur ‘n gas in ‘n residensiële hoëverdiepinggebou by die Punt geskiet.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê na bewering het ‘n stryery glo tussen die sekuriteitsbeampte en die gas uitgebreek waartydens die beampte ‘n skietwond opgedoen het.
Die beseerde wag is deur sy kollegas na die nabygeleë Addington-hospitaal geneem waar hy met aankoms dood verklaar is.
Van Reenen sê die polisie ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



