VRYSTAAT. – Mamello Thamae (40) ‘n streeklanddros van Heilbron, is dood in die kattebak van ‘n Kia Sportage by ‘n gastehuis in Mokgotlong in Lesotho gekry, waar Lehlohonolo Maketoane (40) haar man, haar aan berede polisielede uitgewys het.
Kapt. Lioraine Earle sê na bewering het Thamae Donderdag by hul huis aangekom na ‘n voertuig glo omstreeks 04:00 die oggend die woning verlaat het.
Daar is gevind Maketoane se klere en selfoon is vermis, maar Thamae se klere en selfoon was steeds in die huis.
Die vermoede is dat hulle deur die Ficksburg-grenspos Lesotho ingegaan het, waarna ‘n soektog na die vermiste egpaar van stapel gestuur is.
Die voertuig is by ‘n gastehuis opgemerk waarna die man deur Lesotho se berede polisie ondervra en hy glo sy vrou se liggaam in die kattebak aan hulle gewys het.
Hy word tans in Lesotho aangehou waar hy wag vir uitlewering aan Suid-Afrika. Hy sal op klagtes van beweerde ontvoering en moord tereg staan.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



