KZN. – ‘n Zimbabwiese burger (28) is na bewering Donderdag tydens ‘n argument deur ‘n werkskollega by ‘n onderneming in Gopalall Hurbanspad doodgesteek.
Reaction Unit South Africa is ongeveer 11:53 vir die insident ontbied.
Met aankoms is die man in ‘n sittende posisie, met ‘n steekwond in die bors, leweloos onder ‘n wasbak aangetref. Hy is dood verklaar.
Na bewering het die slagoffer en beweerde verdagte geargumenteer, waarna die slagoffer in die bors gesteek en die verdagte te voet gevlug het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



