Meer foto’s aan die onderkant van berig.
KLEINZEE. – Altesaam 867 persone is tydens ‘n operasie van die polisie en binnelandse sake in hegtenis geneem. Dit het oor twee dae, Dinsdag en Woensdag geduur, in die Namakwa-area by die AK 64-myn in onder meer die Springbok-hostel.
Brig. Mashay Gamieldien sê die persone is in hegtenis geneem gedurende die tweedoelige operasie wat deur polisie-helikopters ondersteun is. Daar is ook op onwettige mynbedrywighede gefokus. Die meeste inhegtenisnemings was onwettige immigrante.
Die polisie het op verskeie toerusting vir mynbedrywighede beslag gelê.
Gamieldien sê die hostelle is na die optrede vernietig. Drie persone is beseer en moes agterna mediese behandeling ontvang.
Luidens Gamieldien sou die aangehoudenes in verskeie landdroshowe in die distrik verskyn en na aanhoudingsfasiliteite oorgeplaas word.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Foto: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



