Vrou van Langa wat glo kookwater op seuntjie gooi kry borg

Deel hierdie storie / Share this story

LANGA, KAAPSTAD. – Die vrou wat aangekla is van poging tot moord na sy glo kookwater op ‘n seuntjie gegooi het in Langa is gister vrygelaat op borg vrygelaat.

Asanda Makaluza (22) het glo kookwater op Unako Khala (4) gegooi toe hy en sy maatjies op 24 Junie buite haar hek gespeel het. Unako het brandwonde aan sy gesig, bolyf en arms opgedoen.

Makaluza is eers op 6 Julie in hegtenis geneem na die gemeenskap na die Langa-polisiestasie opgetrek het uit protes teen die feit dat sy nog nie in hegtenis geneem was nie. Sy is eers borg geweier, maar is gister vrygelaat op R3 000 borgtog na sy ‘n appèlaansoek by die hooggeregshof ingedien het.

Die saak teen haar is tot 25 Oktober uitgestel vir ‘n streekshofdatum.

Bronne: SABC, GroundUp, IOL

Lees ook: Geen borg vir vrou wat glo seun (4) met kookwater gooi