Verdagtes beroof bus met passasiers in Gugulethu

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ben Gumbi-moordverdagte doen aansoek om borg

GUGULETHU. – Sewe gewapende mans het Saterdag ‘n bus vol passasiers in Gugulethu beroof.

In ‘n video wat op sosiale media versrpei het, is die busdrywer deur die sewe verdagtes gedwing om stil te hou. Vyf van die verdagtes het op die bus geklim, een met ‘n rugsak waarin ‘n vuurwapen was, terwyl twee van die verdagtes by die deur gestaan het. Na die passasiers beroof is, het die verdagtes gevlug.

Die verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek die saak.

Bronne: IOL, VN Explorer, Pressreader

Lees ook: Ben Gumbi-moordverdagte doen aansoek om borg