Lees ook: Markus Jooste se regspan vra vir nog laer boete
Markus Jooste, die voormalige uitvoerende bestuurder van Steinhoff, het gesê hy was onbewus van enige rekeningkundige onreëlmatighede by Steinhoff terwyl hy daar gewerk het en was dus nie direk daarby betrokke nie.
Jooste stry tans voor Finansiëledienste-tribunaal (FSCA) teen twee boetes van R7.5 miljoen elk wat teen hom opgelê is vir die “oortreding van die JSE se lys vereistes”.
Jooste het gesê hy was onbewus dat sulke vereistes oortree is. Sy regspan het gesê hy het vertroue gehad in die inligting wat oorgedra is deur die mense verantwoordelik vir die oorsig van die prosedures.
Die hoof van die gedragsowerheid het voorgestel Jooste se verdediging was dat hy as uitvoerende hoof nie betrokke was by die basiese prosedures nie. Sy regspan het geantwoord daar was onreëlmatighede in sy bestuur van die finansiële sake, maar die regte probleem was om uit te pluis hoe betrokke Jooste self was by die rekeningkundige onreëlmatighede.
Bronne: The Citizen, Netwerk24, News24



