Gemeenskap red ontvoerde meisie (5)

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: City Power sit Naturena-inwoners wat nie betaal nie se krag af

MADEIRA, OOS-KAAP. – ‘n Meisie (5) wat Maandag as vermis aangemeld is, is deur die gemeenskap gered. Die meisie is vermoedelik Maandagoggend deur ‘n man (40) ontvoer.

Die gemeenskap het gister die verdagte met die meisie in ‘n minibustaxi in Yorkstraat in Madeira gesien. Hulle het hom by die taxi uitgetrek en glo met stokke en klippe aangeval. Die polisie het verbygery en die gemeenskap gekeer. Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal en sal van ontvoering aangekla word. Die verdagte is nie bekend aan die meisie of haar familie nie.

Die meisie is ook na die hospitaal geneem en is met haar familie herenig. Die polisie ondersoek ook ‘n saak van poging tot moord na die aanval op die verdagte.

Bronne: IOL, TimesLIVE, News24

Lees ook: City Power sit Naturena-inwoners wat nie betaal nie se krag af