Lees ook: ANC-raadslid doodgeskiet in vermoedelike huurmoord
KHAYELITSHA. – ‘n Polisiesersant (37) wat van diens af was is Sondagaand in Site B, Khayelitsha doodgeskiet.
Die polisiesersant het in sy voertuig gesit saam met ‘n vriend by wie hy gekuier het toe twee onbekende gewapende mans uit ‘n Toyoyta Quantum klim en op hulle begin skiet het. Die sersant en sy vriend is albei verskeie kere raakgeskiet.
Die sersant is op die toneel oorlede en sy vriend is na ‘n hospitaal geneem. Die rede vir die skietery is onbekend en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: EWN, Briefly, TimesLIVE
Lees ook: ANC-raadslid doodgeskiet in vermoedelike huurmoord



