BRAKPAN, GAUTENG. – Hansie Brandt het na bewering Saterdag 16 September 2023 sy twee kinders, 8 maande en vier jaar oud, om die lewe gebring voordat hy sy eie lewe geneem het. Pa, Ma, Nikita Venter en hulle twee kinders, Ryan James Brandt en Ruan Desmond Brandt, het by The Loved ones of God in Abramhowitzstraat in Sherwood tuisgegaan.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het bevestig die polisie ondersoek ‘n dossier met twee klagtes van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.
Konst. Audrey Buthelezi het bevestig die pa is gevind waar hy homself gehang het.
Nikita Venter het op 10 November 2022 die volgende plasing gemaak:
Kannie wag nie nie oor 7weekies sien ons vir ons Baba Ryan James Brandt…ons 2de bondeltjie liefde ons is al klaar so lief vir ju en sy boetietjie Ruan Desmond Brandt kan net nie meer wag nie…so excited you are filling our life with just more love and precious memories and just to know that we had the privilege to have the 2 of you as our 2 beautiful children…Nikita Venter en Hansie Brandt se kiddies —
feeling loved.
Bron: Nikita Venter Fb-blad, Hansie Brandt Fb-blad, SAPD, Brakpan Adverteer en Daily News Updates on Crimes, Important info.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



