LEES OOK: Waarskuwing uitgereik oor damme wat kan ingee in Libië
Volgens die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Aangeleenthede was die dodetal in die Libië-oorstromings teen Saterdag, een week nadat Storm Daniel die noordooste van Libië getref het, reeds 11 300 terwyl nog 10 100 uit die kusstad Derna vermis word .
Die VN het gewaarsku nog twee damme in Oos-Libië kan ingee na verlede week se storm. Die VN het gesê die damme is onder geweldige druk na twee damme reeds in die storm ineengestort het.
Die dodetal sal na verwagting styg namate soek-en-reddingspanne voortgaan om na oorlewendes te soek.
#Libya #Vloede #Oorstromings #Dodetal #UnitedNations



