WILDERNIS, TUINROETE. – Jo Hartman (93) ‘n afgetrede wiskunde-onderwyseres van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, is Saterdag 16 September 2023 oorlede toe ‘n fratsgolf haar by Leentjiesklip in ‘n parkeerplek getref het.
Joletta Eichweber sê in ‘n sosialemediaplasing die “onthulling van Leentjie” wat op 19 September moes plaasvind, is uitgestel.
Tanya Rossouw het die oomblik wat die brander Hartman getref het op kamera vasgevang. Sy sê die bejaarde het op ‘n veilige afstand in die middel van die parkeerarea gesit, maar is steeds deur die brander getref. Rossouw het die foto’s uit respek verklein.
Lees Rossouw se plasing hier onder:
Nou ja, vandag het ek weer beleef hoe vinnig die lewe in ‘n oogwink kan verander.
Met die reusegolwe aan die kus het ek en Max bietjie see gaan kyk by Leentjiesklip, Wildernis.
So besluit ek om veilig te speel.
Parkeer in die middelste parkering, sit in Max en neem foto’s van verder weg.
Die foto’s vertel die verhaal verder.
Daar is vanmiddag mense beseer en ‘n dame is met hierdie golf oorlede.
Ek het die foto’s verklein om die mense se privaatheid te respekteer.
Max het ook deurgeloop en Maandag sal die man moet ingaan vir stoomskoonmaak van bo tot onder, binne en buite.
Maar dit is ‘n kleinigheid in vergelyking met wat ander mense vandag verloor het.
Die lewe verander in ‘n oogwink.
The wave that hit Leentjiesklip, claiming the life of 93 year old Jo Hartman and ultimately, officially leading to the postponing of the ‘unveiling of Leentjie’ event which was meant to take place on Tuesday 19th September. Our deepest condolences to the family and friends who lost a loved one. ![]()
Bronne: Tanya Rossouw, Joletta Eichweber en George Herald
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



