ORANGE FARM, GAUTENG. – ‘n Verlate gebou het op twee vermeende booswigte meegegee toe hulle vermoedelik besig was om dit te stroop. Een is dood en een beseer.
Robert Mulaudzi sê die twee mans het glo die gebou gestroop toe die voorval plaasgevind het.
Die beseerde persoon is op die toneel behandel voordat hy vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal geneem is.
Mulaudzi het benadruk die gemeenskap moet van konstruksieterreine wegbly en nie probeer om materiaal van geboue te verwyder nie.
Bron: City of Joburg EMS
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



