PIETERMARITZBURG, KZN. – Een van drie verdagtes is Donderdagaand 14 September net voor 23:00 vasgetrek toe hulle glo verkeersligte in Dr. Chota Motalapad vir koper gestroop het.
Mi7 National Group het inligting ontvang en het na die toneel gehaas.
Die drie verdagtes wat na bewering met die stropery besig was en kabels uit die grond getrek het, is glo eers dopgehou.
Met die wat reaksiebeamptes op hulle toegesak het, het hulle gevlug en hulle is te voet gejaag.
Een van die verdagtes wat glo in besit van gereedskap was wat gebruik word om verkeersligte te stroop, is vasgetrek en vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.
Bron: Mi7 National Group
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



