Vyf VIP-polisiebeskermingsbeamptes getuig hulle het nie gesien Malema vuur wapen nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Malema kritiseer landdros wat ‘laat kom’ in vuurwapensaak

OOS-LONDEN. – Vyf VIP-polisiebeskermingsbeamptes wat op die verhoog was saam met Julius Malema toe hy glo ‘n vuurwapen in 2018 tydens die EFF se vyfde bestaansjaarviering afgevuur het, het getuig hulle het niks gesien nie.

Malema en sy lyfwag, Adriaan Snyman, word aangekla op verskeie aanklagtes na Malema glo afgeneem is waar hy ‘n vuurwapen afvuur. Malema word aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie en drie aanklagtes van oortreding van die vuurwapenbeheerwet. Snyman word op een aanklagte van oortreding van die wet aangekla.

Kol. Rodney Swartbaai, die ondersoekbeampte in die saak, het getuig die VIP-beskermingsbeamptes het gesê hulle het niks gesien nie.

Malema se prokureur het Swartbooi gevra waarom hy hulle stellings slegs in sy verklaring vervat het, maar nie by die hof ingedien het nie. Swartbooi het slegs gesê dit was nie doelbewus nie. Swartbooi het ook getuig verskeie ander mense het gesê hulle het niks gesien nie en kon geen bewyse kry dat enige vuurwapens afgevuur is nie.

Bronne: EWN, VN Explorer, News24

Lees ook: Malema kritiseer landdros wat ‘laat kom’ in vuurwapensaak