Lees ook: Altesaam 46 ‘onwettige immigrante’ in hegtenis geneem op pad na plaas
Politieke partye en verskeie ander invloedryke mense het gesê Standard Bank-kliënte moet hulle rekeninge sluit as die bank die rekeninge van Independent Media en 30 ander maatskappy sluit.
Standard Bank en verskeie ander banke het besluit om die rekeninge van die Sekunjalo-groep te sluit omdat hulle ‘n “risiko vir die bank se reputasie” inhou. Dit volg na verskeie hofsake en appèlle vir die reg om die rekeninge te sluit.
Die 31 maatskappye van die Sekunjalo-groep het aansoek gedoen vir ‘n interdik om te keer dat Standard Bank hulle rekeninge môre sluit. Die regter het gesê sy sal môre haar besluit bekend maak.
Verskeie politieke leiers het uitgevaar teen Standard Bank se besluit en het gesê mense moet hulle nie meer ondersteun nie, want duisende mense gaan nou werkloos wees.
Bronne: IOL, News24, Pressreader
Lees ook: Altesaam 46 ‘onwettige immigrante’ in hegtenis geneem op pad na plaas



