TRENANCE PARK, KZN. – ‘n Man wat glo sê hy is 25, maar vir reaksiebeamptes in sy 40’s voorkom, is Dinsdagmiddag laat deur die gemeenskap, vir ‘n beweerde poging tot verkragting vasgetrek, na Ntombe geneem en opgefoeter.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hulle het omstreeks 18:31 gehoor van die man wat deur die gemeenskap aangekeer is. Mans, vroue en kinders het hom met knopkieries en sambokke op die toneel bygedam.
Reaksiebeamptes het tussenbeide getree. Daar is deur ouers van drie tienermeisies van 13 vertel hoe die man na bewering Sondag by ‘n snoepwinkel reeds seksuele voorstelle aan hulle gemaak het. Hy kon egter nie toe deur die ouers opgespoor word nie.
Dinsdagmiddag het ‘n soortgelyke voorval glo plaasgevind waartydens die verdagte na bewering byna daarin geslaag het om een van die meisies te verkrag. Sy kon vlug en haar ouers inlig, waarna die gemeenskap bymekaargekom, die vermeende verdagte vasgetrek en hom in Ntombe langs die pad aangerand het.
Volgens reaksiebeamptes het die vermeende verdagte gesê hy is onskuldig en dat hy die drie meisies opgemerk het, maar glo skaars met hulle gepraat het.
Hy is volgens die reaksiebeamptes vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



