TSHWANE, GAUTENG. – Die Tshwane-raad het openbare deelname aan hulle plan om beurtkrag te verminder, goedgekeur.
Sipho Stuurman, woordvoerder van die stad se burgemeesterskantoor, sê die plan is om Rooiwal- en Pretoria-Wes-kragstasies vir ‘n voorgestelde 40 jaar te verhuur om sodoende afhanklikheid van Eskom te verminder.
Stuurman sê hierdie goedkeuring volg nadat ‘n taakspan vroeër vanjaar aangestel is om oplossings te vind om die beurtkragkrisis in die stad aan te spreek.
Die publiek het 30 dae om kommentaar te lewer, waarna finale besluite geneem sal word.
Lees die volledige verklaring hier onder:

Bron: Stad Tshwane
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



