Sanger Jay is vandag 46 jaar oud

Deel hierdie storie / Share this story

Jay oftewel Jaco du Plessis, bekende Stoutgat-sanger en akteur, is vandag 46 jaar oud.

Met sy veelsydige talent het hy in 2011 in die film Platteland gespeel. Op televisie is hy, sy vrou Mia en hul vier seuns – Aiden, Samuel, Luka en Jamie – deel van ‘n realiteitsreeks Jay & die Boys wat met verskeie selfdoenprojekte spog.

As sanger was hy van die begin van sy loopbaan immergewild. Hy het die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand in 2001 gewen.

Jay was ook een van die lede van die groep Eden  wat Suid-Afrika se heel eerste boy band was. Daarna het hy as solokunstenaar sy merk gemaak en platinumstatus verbygesteek.

Hy spog met verskeie toekennings soos onder meer twee Huisgenoot Tempo-toekennings en was ook vir twee SAMA-nominasies benoem.

Van Point of No Return gedurende 2003 tot meer onlangs Stoutgat reis hierdie gewilde sanger plaaslik en Internasionaal om gehore te vermaak. Treffers sluit in, Knieë Lam (Eden), Melanie (solo), In a Moment Like This (Leanie May) en vele meer.

Van sy stokperdjies sluit jag, gholf en perdry in.

Bron: Wikipedia en Jay Fb-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel