Meditasie-klas vir rituele massa-moord aangesien

Deel hierdie storie / Share this story

Wat ‘n ontspannende joga- en meditasieklas was, is vandeesweek met ‘n massa-moordtoneel misgis.

Die jogaklas se lede was glo in “corpse pose” toe mense met honde verby die gebou gestap het. Yoga-instrukteur Millie Laws het die klas in Seascape Cafe gelei, wat in Chapel St Leonards, Lincolnshire, geleë is. Die kamer was saggies verlig deur kerse en tee-liggies en het ‘n serene atmosfeer vir ontspanning geskep.

Verbygangers het gedink die toneel is ‘n massa-moord, met lede van die klas wat in stilte onder komberse en met kerse rondom hulle, lê.

Die polisie is ontbied en het 21:30 by die klas aangekom, met loeiende sirenes en die gebou bestorm.

Wat hulle toe vind, is dat dit slegs ‘n joga-klas was.

Laws sê in ‘n Instagram-inskrywing alhoewel dit maklik is om die snaakse kant van dit in te sien, gaan haar hart uit na die mense wat die ergste gedink het.