Akteur Danny Masterson tot 30 jaar tronkstraf gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Akteur Danny Masterson skuldig bevind aan verkragting

LOS ANGELES, VSA. – Die akteur Danny Masterson (47), bekend vir That 70s Show, is gister tot 30 jaar lewenslange tronkstraf gevonnis op twee aanklagtes van verkragting.

Masterson is vroeër die jaar skuldig bevind op twee aanklagtes van verkragting wat in die vroeë 2000’s plaasgevind het..

Die slagoffers, voormalige lede van die kerk van Scientology, was albei by die verhoor.

Masterson se prokureur het gesê hy is seker hulle sal die skuldigbevinding kan omkeer omdat Masterson “onskuldig” is.

Bronne: BANG Showbiz, CNN, BBC

Lees ook: Akteur Danny Masterson skuldig bevind aan verkragting