Lees ook: Vermiste Duitse bergklimmer se liggaam in Himalajas gevind
Die Amerikaanse That ‘70s Show-akteur, Danny Masterson, is skuldig bevind op twee van drie aanklagtes van verkragting. Die jurie kon nie ooreenkom op die derde aanklagte nie. Masterson kan ‘n vonnis van 30 jaar ontvang.
Drie vrouens, almal voormalige lede van die Church of Scientology, het die akteur beskuldig van seksuele aanranding by sy Hollywood-huis in 2001-2003. Die aanklaers het gesê Masterson het sy status as ‘n prominente Scientologist gebruik om verantwoordelikheid vir sy misdrywe te vermy. Aanklaers het ook gesê die Church of Scientology het hom die misdrwye help toesmeer, iets wat die organisasie ontken.
Van die vrouens het gesê die kerk het hulle gedreig, probeer omkoop en het hulle stilgemaak.
Dit is tydens die hofsaak bevind Masterson het die vrouens bedwelm voor hy hulle verkrag het.
Bronne: BBC, Sky News, Jacaranda FM
Lees ook: Vermiste Duitse bergklimmer se liggaam in Himalajas gevind



