Tiener sterf wat glo deelneem aan ‘one chip’-uitdaging

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beweerde kindermoordenaar Daniel Smit weer in die hof

MASSACHUSETTS, VSA. – ’n Seun (14) is oorlede na hy glo aan die “een chip”-uitdaging deelgeneem het.

Harris Wolobah het glo deelngeneem aan die “one chip”-uitdaging wat tans populêr is op sosiale media. Die “one chip”-uitdaging is waar jy een van die mees “spicy” skyfies in die wêreld eet en dan kyk hoe lank kan jy uithou sonder om iets te eet of te drink om die brand weg te neem. Die skyfie is van die Paqui-maak en word gemaak van twee van die warmste chili’s in die wêreld, die Carolina Reaper en die Scorpion.

Harris se ma het aan plaaslike media vertel sy is deur die skoolverpleegster gebel en gesê haar seun se klasmaat het vir hom die skyfie gegee en hy het erge maagpyn ontwikkel.

Hulle is huis toe, maar sy broer het later die middag geskree dat Harris flou geword het. Hulle is na die hospitaal waar Harris oorlede verklaar is.

Die Paqui-maatskappy het al gewaarsku die skyfies is net vir volwassenes en moet weggehou word van kinders. Hulle het ook gesê mense wat sensitief is vir branderige kos of allergies is, moenie die skyfies eet nie.

Die amptelike oorsaak van Harris se dood is onbekend, maar ’n nadoodse ondersoek word uitgevoer.

Bronne: Sky News, Delish, Fox News

Lees ook: Produksie van 7de Laan vandag hervat