Seun (9) ernstig beseer na stamp deur motor

Deel hierdie storie / Share this story

MORNINGSIDE, KZN. – ‘n Negejarige seun is Woensdagmiddag beseer toe hy in Windermerestraat deur ‘n sportnutsvoertuig gestamp is.

Emer-G-Med sê paramedici is omstreeks 15:00 na die toneel van ‘n voetganger wat deur ‘n voertuig gestamp is, ontbied.

Met aankoms was die seun in ‘n ernstige toestand en moes hy gestabiliseer word voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Bron: Emer-G-Med

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel