Kyk: Sangers oefen vir grootste Springbok-serenade by GrootJol in Pretoria

Deel hierdie storie / Share this story

Video-opnames in berig

PRETORIA, GAUTENG. – Dit gaan jolig in die Afrikaans is Groot-ateljee waar “Die Grootbaas” aka Arnold Coleske en Paulo Azevedo (voorheen van EDEN) sangers leer hoe om Die Bokmasjien van Leon Schuster te sing.

Video-bewyse van Appel, Dodo Nyoka, Samantha Leonard en Riaan Benadé se probeerslae is gedeel.

Die GrootJol vind op Saterdag 23 September by die Voortrekkermonument in die Jakarandastad plaas waar Afrikaans is Groot saam met sy sangers en toeskouers gaan sorg vir die grootste massa-serenade vir die Springbokke op die nuwe Leon Schuster-treffer..

Toeskouers word gevra om Springbok-truie te dra en aan die serenade deel te neem. Dit gaan opgeneem word en aan die Springbokke gestuur word. Die wedstryd teen die Iere sal tydens die GrootJol uitgesaai word.

Dodo Nyoka vra jy moet jou probeerslag vir hom stuur.

https://itickets.co.za/events/471871

Bron: Afrikaans is Groot

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel