Vier in hof na dubbele moord in gastehuis

Deel hierdie storie / Share this story

TSEKI, VRYSTAAT. – Themba Mlangeni (40), Mandela Makoe (47), Madala Mokoena (41) en Lawulani Mthombeni (40) sal vandag vir ‘n formele borgtogaansoek voorkom na hulle op 28 Augustus vir die beweerde moorde in ‘n gastehuis in die Tseki-landdroshof verskyn het.

Daniel Kgahlisi (35) en Tshegofatso Mthombeni (20), sy meisie, is op 3 Julie 2023 omstreeks 03:30 in hul kamer in ‘n gastehuis in die Vrystaat doodgeskiet.

AO Mmako Mophiring sê na bewering het ‘n sekuriteitswag wat aan diens was skote gehoor en onderoek ingestel. Hy het die oorledenes in ‘n plas bloed aangetref. Een persoon het skietwonde aan die hand, arm en gesig gehad terwyl die ander skietwonde aan die kop, arm en skouer gehad het.

Die polisie is omstreeks 08:30 van die moord van die slagoffers, wat aan die sekuritetisbeamptes bekend was, ingelig.

Die motief vir die moorde is ondersoek, waartydens Phuthaditjhaba-misdaadintelligensie inligting ingewin en vier vermeende verdagtes op 5 September vir die dubbelmoord in hegtenis geneem het. Daar is op die wapen wat vermoedelik in die pleeg van die misdaad gebruik is, beslag gelê.

Themba Mlangeni (40), Mandela Makoe (47), Madala Mokoena (41) en Lawulani Mthombeni (40), ‘n familielid van die oorledenes, het op 28 Augustus vir die beweerde moorde in die Tseki-landdroshof verskyn en sal vandag weer vir ‘n formele borgtogaansoek voorkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel