Lees ook: ‘Siek en moeë’ polisiebeampte getuig weer in Senzo Meyiwa-moordsaak
SUNCITY, KWAMHLANGA. – John Philane Masilela (46) wat hom vir ses jaar as ‘n pastoor van die Good Shepherd Church voorgedoen het, is tot 55 jaar tronkstraf vir verkragting en seksuele aanranding gevonnis.
Masilela het gebid vir die jong mense en het terselfdertyd aan hulle geslagsdele gevat en gesê dis sodat hulle nie moet sondig nie.
Hy het dele uit die Bybel aangehaal voor hy hulle verkrag het. Hy het vir hulle gesê hy het hulle toekoms “gesien” en is deur God “aangesê” om so vir hulle te bid. Hy het ook gesê as hulle die seksuele aanranding en verkragting weier, sal slegte dinge met hulle gebeur. Hy is skuldig bevind op vier aanklagtes van verkragting en sewe aanklagtes van seksuele aanranding.
Die voorvalle het vanaf 2012 tot 2018 gebeur.
Bronne: IOL, The Africa, News365, VN Explorer, African News Agency
Lees ook: ‘Siek en moeë’ polisiebeampte getuig weer in Senzo Meyiwa-moordsaak



