Bejaarde vrou (82) se moordenaar gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

COLESBERG, NOORD-KAAP. – ‘n Bejaarde vrou (82) is op Saterdag 15 Oktober 2022 deur Bejamin “Bulski” Klaase in haar huis op Richmond vermoor.

Sers. Timothy Sam sê die slagoffer is op die betrokke dag by ‘n tradisionele seremonie gesien, waarna haar liggaam die Maandag 17 Oktober met sigbare beserings aangetref is. Die nadoodse ondersoek het ook tekens van verwurging gerapporteer.

Die beskuldigde is deur vingerafdrukke aan die toneel verbind en op Saterdag 12 November in hegtenis geneem.

Hy is in die Colesburg-landdroshof skuldig bevind en is 28 jaar direkte tronkstraf gevonnis, waarvan 20 jaar direk vir moord en agt jaar vir huisbraak en diefstal. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Speur.sers. Steffanie Koen is vir die skuldigbevinding geprys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel