STANGER, KZN. – ‘n Man is agter die stuurwiel van sy motorvoertuig doodgeskiet, terwyl sy vrou ernstig beseer is toe daar op hulle gesin se voertuig in King Shakastraat geskiet is. Hulle baba het sonder ‘n merkie aan die ongeluk ontkom.
IPSS Medical Resue sê die gesin het na bewering deur die dorp gery toe daar, volgens ‘n ooggetuie ‘n voertuig langs hulle intrek en lukraak op hulle geskiet is. Die gesin se motorvoertuig het teen geparkeerde voertuie aan die teenoorgestelde kant van die straat tot stilstand gekom.
Die man is op die toneel dood verklaar, terwyl die vrou verskeie skietwonde opgedoen het. Sy is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer alvorens sy in ‘n ernstige toestand vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Hulle baba het geen beserings opgedoen nie.
Die polisie ondersoek die skietvoorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



