MELVILLE, GAUTENG. – Die bekende sepie, 7de Laan, se akteurs en werkers is deur middel van ‘n brief op WhatsApp van Danie Odendaal Produksies, gedateer 2 September 2023, in kennis gestel van die onmiddellike opskorting van produksie.
Volgens die brief, wat deur Denver Vraagom op sosiale media gedeel is, is die opskorting met onmiddellike effek geldig. Die rede wat aangevoer is, is omdat die uitsaaier oftewel die SAUK, nie betalings kon maak nie en dit onder meer salarisbetalings bemoeilik.
Daar word nie van die akteurs en werkers vereis om by die produksie-ateljee te wees nie, maar hulle word wel herinner dat ‘n geen werk geen betaling prinsiep volgens kontrak en terme geldig is. Die brief stipuleer daar sal gekommunikeer word wanneer opnames hervat sal word.
Die akteurs en aktrises het nog die naweek in Gqeberha verskynings gemaak en besoeke afgelê. David Rees herstel nog na ‘n siekbed en Amor Vittone het onlangs weer tot die sepie toegetree.

Bron: Denver Vraagom Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



