Heldhaftige polisieman Suid-Afrika se nuwe held

Deel hierdie storie / Share this story

Lt.kol. Joe Coetzer het bewys hy is ‘n polisieman in murg en been toe hy Vrydag 1 September 2023 in Makhado, Limpopo raakgeskiet is en steeds voortgeveg het. Hy het doodeenvoudig sy wonde laat verbind en teruggekeer om skouer aan skouer saam met sy kollegas in ‘n skietgeveg teen booswigte te staan.

Coetzer het beserings aan sy vingers opgedoen en as gevolg van nog beserings sy regterbeen verloor.

Aan die einde het 18 vermeende transitorowers met hulle lewens geboet en nog vier is in hegtenis geneem.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het in ‘n video-opname gesê die rowers se teiken was ‘n kontantdepot. Hulle het nie in hul doel geslaag nie en sleg tweede gekom toe polisielede in ‘n 90 minute skietgeveg op hulle toegesak het.

Lof vir lt.kol. Coetzer en sy kollegas se heldhaftige optrede stroom in.

FiND iT wens lt.kol. Coetzer spoedige beterskap toe.

Bron: Public Interest SA en André Snyman eblockwatch

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel