Trump pleit onskuldig in Georgia-verkiesingsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump se verhoordatum vir verkiesingsaak in Maart 2024

GEORGIA, VSA. – Donald Trump het onskuldig gepleit op aanklagtes dat hy probeer het om die 2020-verkiesingsuitslae in Georgia om te keer. Hy het sy reg opgegee op ’n formele lees van die aanklagtes teen hom, wat beteken hy hoef nie volgende week in die hof te verskyn nie.

Trump het hom verlede week aan owerhede in Georgia oorhandig waar ’n gesigsfoto van hom geneem is en hy ’n gevangenenommer ontvang het. Trump is die eerste dienende of oud-president van Amerika ooit van wie ‘n gesigsfoto geneem is. Hy is binne 20 minute op borg vrygelaat.

Trump is van Maart af in vier kriminele sake aangekla. Hy het onskuldig gepleit in al die sake.

Bronne: Bronne: DW – South Africa, BBC, CNN

Lees ook: Donald Trump se verhoordatum vir verkiesingsaak in Maart 2024