Toeriste in Algerië doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Zandile Mafe-saak uitgestel

ALGERIЁ: Twee toeriste met vakansie in Marokko is glo deur die Algeriese kuswag doodgeskiet toe hulle op hulle jetski’s in Algeriese water beland het.

Hulle was deel van ‘n groep van vier Frans-Marokaanse toeriste wat in Marokko vakansie gehou het. Die derde lid van hulle groep is in hegtenis geneem. Die vierde lid van die groep kon na Marokko terugkeer en het gesê hulle het ‘n verkeerde draai gevat en in Algerië se waters beland. Hy het ook gesê hulle petrol was gedaan.

Hy het ontken dat hulle probeer ontsnap het toe die kuswag hulle kry en het aan die plaaslike media gesê sy broer was besig om met hulle te probeer praat toe hulle hom skiet. Hy het gesê hy het teruggeswem na die oord waar hullle vakansie gehou het en is deur die Marokkaanse vloot gekry.

Bronne: BBC, Euronews, The Sun

Lees ook: Zandile Mafe-saak uitgestel