Polisie ondersoek moord op drie EFF-lede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand

KAAPSTAD. – Drie lede van die EFF is Dinsdagaand in die Shukushukuma- informele nedersetting doodgeskiet.

Lubabalo Feketsha, Lulamo Fatyela en Luyanda Mtsila se liggame is met koeëlwonde in die straat gevind. Fatyela is op pad na ‘n hospitaal oorlede.

Die polisie het gesê hulle ondersoek die moorde, maar die motief is onbekend. Hulle het ook gesê nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Die EFF het ’n dwelmhandelaar vir die moorde blameer. Hulle woordvoerder het gesê die gemeenskap het die huis van ’n dwelmhandelaar in Shukushukuma afgebreek. Die dwelmhandelaar het toe glo die gemeenskap gedreig en volgens hulle die EFF-lede uit wraak vermoor.

Bronne: EWN, News24, IOL

Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand