ZWELITSHA, CRADOCK, OOS-KAAP. – Thys van Niekerk (65), ‘n siviele ingenieur, is op Woensdagoggend 30 Augustus 2023 in ‘n plas bloed in ‘n plaashuis waar hy vir werk op die plaas Uitkyk gewoon het, dood aangetref.
AO Majola Nkohli sê die plaas is naby die R390 tussen Hofmeyr en Cradock geleë.
Nkholi sê polisielede is omstreeks 09:30 na die moordtoneel ontbied waar die oorledene met steekwonde in sy bolyf gevind is.
Van Niekerk se voertuig is later in Conwaystraat op Hofmeyr gevind.
Die ondersoek duur voort en die polisie vra enigiemand met inligting om die ondersoekspan by 082 319 8876 te skakel.
Bronne: SAPD, Ian Cameron en Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



