Bejaarde boer dood en vrou kritiek onder matras gevind na plaasaanval

Deel hierdie storie / Share this story

KAGISANONG, BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – ‘n Boer (71) is Dinsdagoggend 29 Augustus 2023 dood aangetref en sy kritiek beseerde vrou (64) onder ‘n matras op hulle plaas buite Bloemfontein gevind nadat hulle aangeval is.

Sers. Mahlomola Kareli sê die egpaar se seun, wat ook buite Bloemfontein bly, kon hulle nie in die hande kry sedert hy Donderdagaand die laaste keer met hulle gepraat het nie. Hy het Maandag ‘n vriend gevra om ondersoek in te stel.

Na bewering het die vriend die plaashuis se deure oop gekry, waarna hy die boer in ‘n plas bloed aangetref het en dadelik die polisie en nooddienste ontbied het. Kareli sê die boer het verskeie snye aan sy kop en lyf gehad.

Die Kagisanong-polisie is na die toneel waar hulle die beseerde vrou onder ‘n matras aangetref het. Sy is inderhaas na ‘n hospitaal geneem. Die boer is op die toneel dood verklaar.

Enigiemand met inligting om in die soektog na die skuldiges te help kan speurdersers. Morena Machalotsa by 073 729 1732 kontak.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel