Steve Hofmeyr, oftewel Stephanus Johannes Hofmeyer, is in Pretoria gebore en is vandag 59 jaar oud.
As ‘n gewilde sanger, liedjieskrywer, outeur, akteur en vele meer, het hy geen bekendstelling nodig nie en is baie geliefd onder sy aanhangers.
Steve is die oudste van vyf broers en het self ses kinders waarvan die oudste en jongste dogters is.
Hofmeyr het reeds gister een van sy gereelde video-boodskappe gemaak terwyl hy vir ‘n laaste dag 58 jaar oud is, waarby hy geskryf het: “Môre môre. Ek voel 50. Maar word môre eintlik 59! Hemel. Ek weet…”
Bronne: Steve Hofmeyr Facebook-blad en Wikipedia
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



