Pikkie Visser het twee dae gelede ‘n video waarin drie mans uit ‘n Ford Ranger klim en ‘n motorfietsryer takel op Facebook gedeel.
Die voorval het voermoedelik op die hoek van Frederick Cooper- en Terenurelaan in Krugersdorp plaasgevind.
Daar kan gesien word hoe die motorfietsryer eerste by ‘n stopstraat stilhou en dan kom die bakkie skuins langs hom tot stilstand. ‘n Passasier klim uit en slaan neer, waarna nog ‘n passasier en die bestuurder uitklim en al drie die motorfietsryer begin slaan.
Die bestuurder van die bakkie stamp hom met sy motorfiets om, waarna die aanvallers hom verder skop en slaan waar hy op die grond lê. Hulle klim eindelik terug in die bakkie en ry weg.
In die plasing is genoem daar word na die drie aanvallers gesoek. In kommentaar het Visser gesê die bakkie se registrasienommer is verkry.
FiND iT is nie seker wie die video geneem, wat die toestand van die motorfietsryer is of wat vooraf plaasgevind het nie.
Bron: Pikkie Visser Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



