Ma’s in hegtenis – in taverne terwyl kinders doodbrand

Deel hierdie storie / Share this story

LAUDIUM, PRETORIA. – Vyf kinders het Sondag 27 Augustus 2023 gesterf toe ongeveer ses sinkhuise in ‘n brand in Itireleng- informele nedersetting verwoes is.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder vir Tshwane-nooddienste, sê die departement is na die toneel ontbied.

Brandbestryders het vyf kinders – drie seuns van 2, 4 en 6 en meisies van 1 jr. en 5 mnde. en 7 – onherkenbaar verbrand gevind.

Na bewering het twee susters hul kinders oornag in ‘n sinkhuis gelaat om tyd in ‘n nabygeleë taverne te verwyl.

Mabaso sê beide susters is in hegtenis geneem en is by ‘n polisiestasie ondervra. Hy benadruk verder alle kinders moet ten alle tye onder volwasse toesig in ‘n veilige omgewing wees.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel