BETLEHEM, VRYSTAAT. – ‘n Onbekende man is Saterdag 26 Augustus in die vroeë oggendure met ‘n skietwond in sy bors op die R26 in ‘n voertuig in ‘n oop veld op die terrein van La Provance aangetref.
AO Mmako Mophiring sê die polisie was omstreeks 01:10 na die toneel ontbied waar die onbekende man in die passasiersitplek van ‘n Kia Rio met registrasienommer HHX 484 FS, gevind is. Die sleutel van die motor was nog in die aansitter.
Die motief van die moord wat ondersoek word, is onbekend.
Enigiemand met inligting kan die Betlehem-polisiestasie by 058 307 5700 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



