CATHEDRAL PEAK, KZN. – ‘n Klimmer wat vanoggend omstreeks 11:00 ongeveer 10 meter ver van ‘n rots geval het, is kritiek beseer.
Chantelle Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die voorval waarin ‘n klimmer verkeerd getrap en geval het, het naby Cathedral Peak plaasgevind.
Paramedici en die polisie se soek-en-reddingspan het meer as sewe uur gewerk om die beseerde te stabiliseer, na veiligheid te neem en van daar na ‘n spesialisfasiliteit in Pietermaritzburg vir verdere mediese behandeling te vervoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



