Kop en arm van liggaam in graf weg – verdagtes gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

THABONG, VRYSTAAT. – ‘n Verbyganger het Dinsdag 22 Augustus 2023 omstreeks 07:00 op ‘n graf wat geskend is afgekom en dadelik die polisie in kennis gestel.

Kapt. Stephen Thakeng sê lede het ‘n broodmes en kopgedeelte van die kisdeksel langs die graf gevind.

Die oorledene se familie het vir opgrawing aansoek gedoen en daar is by die Welkom- forensiese patologiese dienste vasgestel die vroulike liggaam is sonder kop en regteram.

Die mes en gedeelte van die kis word in sake van lyk- en grafskending ondersoek.

Thakeng versoek inwoners om die skuldiges in die saak op te spoor. Speurder-sers. Moeketsi Sithole kan met inligting by 082 443 6151 gebel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel