Lees ook: Trump se medebeskuldigdes gee hulle oor by Georgia-tronk
Nando’s het ‘n bekkige huldeblyk opgedra aan veteraanjoernalis Derek Watts (74) wat Dinsdag oorlede is na ‘n stryd met kanker.
Die maatskappy het op hulle sosialemediaplatforms ‘n plasing gemaak: “Cheers vir nou, Derek Watts. Aan die enigste ander persoon wat beter as ons gebraai (grilled) het.”
Verskeie Suid-Afrikaners het hulde gebring aan Watts wat voor sy dood ‘n optimistiese boodskap aan Suid-Afrika gestuur het oor sy gesondheid vanuit sy hospitaalbed.
Cheers for now, Derek Watts 🕊️ pic.twitter.com/VlRbFDzHlY
— NandosSA (@NandosSA) August 22, 2023
Bronne: IOL, Twitter, Head Topics, Bona
Lees ook: Trump se medebeskuldigdes gee hulle oor by Georgia-tronk



