Lees ook: Trump se medebeskuldigdes gee hulle oor by Georgia-tronk
VSA. – ‘n Passasier op ‘n vlug van American Airlines het op X (voorheen Twitter) gekla oor ‘n lugwaardin wat haar neef (3) se kospakkie gevat het.
Dara Braddock het gesê sy en haar neef het ‘n speletjie sy iPad gespeel toe die lugwaardin die oop kospakkie wat tussen hulle was gevat het om vir haar vriendin, wat pas ouma geword het, te gaan wys.
Braddock het gesê sy was verward en bekommerd oor die veiligheid van die kos. Sy het verduidelik dat sy dit moes weggooi toe dit aan haar teruggegee is en dat sy ná die vlug met die lugwaardin gepraat het. Sy het vir die waardin gesê sy verstaan haar fassinasie met die kospakkie, maar dit was verkeerd om dit net te vat.
Die lugwaardin het haarself bly verdedig met die woorde: “Ek het my hande gewas, so dis oukei”.
Die lugredery het só op die klagte gereageer: “Dis ‘n oulike kospakkie, jammer sy’t dit gevat sonder om te vra”.
What an adorable snack box! Our apology the crew member took it from you without asking first.
— americanair (@AmericanAir) August 12, 2023
Bronne: IOL, India Today, The Independent, Twitter
Lees ook: Trump se medebeskuldigdes gee hulle oor by Georgia-tronk



