Verstekeling dood op graanboot gevind

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. KZN. – ‘n Man is Maandag 21 Augustus 2023 in Durban-hawe dood gevind op ‘n boot wat graan vervoer het.

Volgens IOL het SAPD en Medi Response se soek-en-reddingspanne die oorledene met spesiale toerusting uit die vragruim gehaal.

Dit is nie seker waar die vrag vandaan gekom het nie.

Die polisie het die toneel vir ondersoek oorgeneem.

Bronne: IOL, Arrive Alive

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel