Jong man doodgeskiet, neefs gewond

Deel hierdie storie / Share this story

BONTEHEUWEL, WES-KAAP. – Rahul Cookson (17) ‘n gr.11-leerling van Hoërskool Arcadia, is op Vrydag 11 Augustus 2023 omstreeks 18:40 in Kareestraat doodgeskiet.

Sers. Wesley Twigg sê omstandighede van die skietvoorval word ondersoek. Bishop Lavis-polisiebeamptes is na die toneel waar hulle ‘n noodlottig gewonde 18-jarige en nog twee mans, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, met skietwonde gevind het.

Die motief vir die moord en poging tot moord wat deur die polisie ondersoek word, is onbekend en nog geen inghegtenisnemings is gemaak nie.

Women For Change sê die jongman en sy neefs, wat by sy tante se huis was, het glo beplan om die aand in Grand West deur te bring. Hulle wou in ‘n Uber klim toe ‘n voertuig stop en daar vanuit die voertuig op hulle geskiet is.

Twee van die neefs het ook skietwonde opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel