Lees ook: Nuwe Covid-variant, Eris, in Gauteng gekry
VRYSTAAT. – ’n Boer is in hegtenis geneem op 17 aanklagtes van bedrog, korrupsie en kwaadwillige saakbeskadiging na hy glo met elektrisiteitsmeters gepeuter het.
’n Oudit deur Eskom het onwettige elektrisiteitsverbindings tussen verskeie persele in Steunmekaar en Petrusburg ontdek. Die persele is almal aan die boer (46) verbind.
Die onwettige konneksies is glo in 2016 gemaak om die koste van elektrisiteit te verminder. Owerhede het gesê Eskom het ’n verlies van R1.9 miljoen hierdeur gely.
Bronne: EWN, TimesLIVE, VN Explorer



