Vandag is Wêreldmuskietedag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het vandag op Wêreldmuskietedag drie belangrike feite oor klimaatsverandering en die malariamuskiet beklemtoon.

Warmer temperature bespoedig die uitbroei van muskiete wat die seisoen vir malaria-oordrag verleng.

Temperature kan die ontwikkeling van die malariaparasiet in die muskiet positief of negatief beïnvloed.

Malaria kan toeneem in gebiede waar meer reënval en hoër temperature voorkom. Dit kan ook afneem in gebiede wat die teenoorgestelde, min reën en droogte, ervaar.

Wêreldwyd kom meer as 3 000 muskietspesies voor wat siektes na mens en dier kan oordra, maar die anofelesmuskiet is die een wat vir malaria verantwoordelik is.

NIOS sê die spesie verskuif nie sommer vanuit ‘n area nie, maar anofeles stephensi wat in Asië en Arabië voorkom, het vinnig na dele van Afrika versprei. Die spesie, wat teen meeste insekdoders bestand is, is nog nie in Suid-Afrika bespeur nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel